Ek issie wit ek issie bruinie

Ons taal…. Ons land… Ons

Is die my taal? Is die my land?

Staan ek nou langs a witmens

Watch gou hoe draai ek om

Ek is a transformer

Die is my party trick

Daar stiek ek uit met my mooi woorde 

Like I drank woolies water

Waar val ek uit?

Ek issie wit. Ek issie bruinie

Wat weet ekkie, maar ek is. Ek is

Is die taal meine? Die suiwer Afrikaans? 

Of die sappige afrikaaps?

My hare kannie krul nie

Nor can it maintain a shape

Jirre ek wil net ‘n kroeskop hê

Maar my hare is styl soos hulle sê

Wie is ek eintlk?

Waar kom ek vandaan?

Ek issie wit ek issie bruinie 

Ek is net ‘n meisie 

They say I’m multicultural 

Too African to be coloured

Too coloured to be white

Soms is ek slams “maaf I get it from my mommy”

But definitely too posh to be a ghammatjie

Julle praat van ons, 

maar ek voel left out 

Ek issie wit ek issie bruinie

Ek is net ‘n meisie standing in front of a crowd asking you to love her just as she is